Lapa praatjies

Die anderdag sit ek en buurman en praat oor die baie gebeure in die land wat nou vreemd geword het vir ’n beskaafde Westerling wat nog volhardend werksaam bly op die akker na vryheid.

 

En toe raak hy mos die wysheid kwyt wat my sommer die brandende vuurhoutjie laat weggooi het voordat ek my pyp kon brand-maak. Asof ek nie reg gehoor het nie, vra ek hy moet net weer herhaal wat hy sopas gesê het.

Toe hoor ek dit weer en ek weet ek het die eerste keer reg gehoor toe hy gesê het ’n klein volk soos die Boer kan nie die hele Afrika se massas ophef tot die vlak waar die Boer nog altyd was nie. Veel eerder gaan die groot massas die Boer aftrek na dit wat vir Afrika maar reg is, behalwe as die Boer een slim plan maak – ignoreer die volksvreemde asof hulle nie bestaan nie.

Nouja, dit is sekerlik makliker gesê as gedaan? Hoe kry ek neef Johan Rupert en al die ander welgestelde nyweraars met Afrikaanse vanne om so ’n  groot sluk op die bottel te vat?

Miskien moet daar dan eerder ’n ander plan gemaak word. Die wat nie wil help om ’n wa te trek nie, mag ook nie saamry nie. Of soos die Woord dit uitdruk, as jy nie werk nie, eet jy nie.

Sal die Boerenasie dan ooit by die punt kom waar hulle sal besef hulle moet al wat Amalekiet, Filistyn en swerkater is, maar los dat hulle in hul versukkeldheid verder afsak in die moeras van stroois-en-dolos-mentaliteit wat al 4,000 jaar aan die gang is.

Intussen moet die Boer maar werk dat dit bars, en weer sy vryheid herwin soos ’n Steyn en ’n Kruger van weleer. Met een verskil, nie weer twee afsonderlike Boere Republieke nie!

En toe sê buurman: Kom ons hou op klets en gaan registreer ’n paar vir die VVK-verkiesing!

Groetnis tot weersiens

Servaas Snyman