Kuruman verval?

Buite Kuruman in die Noord-Kaap word die voortbestaan van die Duvenhage-wildkamp, bedreig nadat vasgestel is dat die heining verwyder is en die wild gevolglik weg is.

 

Die pragtige, beskermde Kameeldoringbome, word ook deesdae deur die inwoners van die Bankara Bodulong vir brandhout afgesaag.

Waarnemers sê dat die heinings se draad afgebreek is om plakkers se kaias aanmekaar te slaan. Die vermoede bestaan dat baie van die wild geslag en geëet is, en die kameelperde is weg.

Die munisipaliteit het onlangs probeer om die park op ’n onwettige wyse te deproklameer. Die polisie stel blykbaar ook nie belang om ondersoek te doen om die skuldiges aan te keer nie.