Kunswerk met vuurhoutjies

Mnr. Jan van Wyk (81) van Benoni het ’n kunswerk gebou van vuurhoutjies deur ’n model te bou van die eertydse HMS Victory boot.

 

Dit het mnr. Van Wyk twee jaar een ses maande geneem om die skip klaar te maak. Daarvoor het hy byna 30, 000 vuurhoutjies nodig gehad.

 

Hy sê hy het begin deur die vuurhoutjies se koppe af te sny waarna hulle op dieselfde wyse geplak word as wat bakstene geplaas word met die bou van ’n muur.

 

“Daar is reddingsbootjies, 30 kanonne, koperdraad-ankers, lanterns, trappies, vlae wat eens sakdoeke was en toue van hekelgare”.

 

In 1977 en 1978 het oom Jan met sowat 54, 000 vuurhoutjies ’n model gebou van die welbekende Campanile-kloktoring in Port Elizabeth.

 

Die boot het sowat R1, 000  se vuurhoutjies en ander kleinighede gekos.