Koop jou vuurwapen by Polisiekantoor

Kort jy ’n vuurwapen?

Koop een by die polisiekantoor in Nelspruit vir so goedkoop as R2000!

 

Gerugte vlieg rond dat vuurwapens sommer by ’n Nelspruit polisiekantoor gekoop kan word. Die ondersoek sloer nou al vir bykans ’n jaar om behoorlik afgehandel te word.

 

Uiteindelik is ’n offisier van die polisie, in beheer van die vuurwapenlisensie-kantoor, nou in Nelspruit agter tralies.

Die polisie kaptein, ene Godfrey Lubisi (57),  is by die polisiekantoor in hegtenis geneem. Hy sal glo aangekla word van korrupsie, diefstal en onwettige handel in vuurwapens.

 

Een van die eerste berigte oor die beampte se onwettige bedrywighede het gehandel oor ’n .22-geweertjie wat blykbaar dateer uit 1925 en ’n versamelstuk is. Hy het dit blykbaar aan ’n lid van die publiek verkoop.

 

Lubisi het klaarblyklik ook ’n .303 aan dieselfde persoon verkwansel vir R2,000-00 en sou sommer toesien dat ’n lisensie uitgereik word.

Hy het ook ’n Taurus .357-Magnum-rewolwer vir R2,000 gesmous

 

Die polisiebeampte het glo in 2012 ’n korrupsieklag ook teen hom gehad weens die feit dat hy kontant van ’n wapenlisensie-aansoeker glo vir homself gevat het.

Inligting insake onwettige wapenaankope by die beampte in die Nelspruit-polisiekantoor behoort aan ao. Jacques Willemse by 072 025 6060 bekend gemaak te word.