Kontrakteur aangekla oor R35 miljoen

Mnr. Johann Ströhfeld (52), ’n welbekende boukontrakteur van Bloemfontein, het in die Streekhof verskyn op 38 aanklagte van bedrog en vervalsing ten bedrae van sowat R35 miljoen

Die verhoor voor streeklanddros Marina Voges is egter tot 25 September uitgestel aangesien sy regsverteenwoordiger, adv. Johann Nel, ongesteld is.

Dit blyk dat die grootste deel van die klagtes voortspruit uit beweerde vervalste waarborge waarby miljoene Rand betrokke is. Die staat beweer onder meer dat Ströhfeld in 2009 briewe van Investec Bank aan Andrew Scholtz van Arallela Holdings vervals het. Hy het dit toe aan Eerste Nasionale Bank (ENB) gegee om die tydelike oortrokke fasiliteit van sy maatskappy te verleng.

In die dokumentasie sou Investec glo onderneem het om op 19 Junie 2009 vir die Preller Walk-ontwikkeling ’n bedrag van R20,9miljoen aan Ströhfeldt-konstruksiegroep betaal.

Hy word ook van diefstal van dié R2,2miljoen aangekla.