Konstruksie bedryf skuld Miljarde Rand

 

Suid-Afrika se konstruksiebedryf skuld die land se Inkomstediens meer as R4 miljard.

 

Marika Muller, woordvoerder van die SAID sê dat maatskappye in die konstruksie bedryf skuld die SAID meer as R2,5 miljard aan koopbelasting (BTW) en uitstaande opgawes is ook besig om astronomiese afmetings aan te neem.

Daar is byna 130,000 belastingopgawes uitstaande. Sowat 170 ondersoeke word na maatskappye gedoen. Vorige oudits wat gedoen is onder 200 kleiner maatskappye, het die invordering van R480 miljoen moontlik gemaak.

 

Boetes van bykans R1,5 miljard is vroeër vanjaar weens tender-knoeiery teen vyftien konstruksiemaatskappye gehef.