Koeksister kampioen aangewys


Spieëltjie, spieëltjie aan die wand, wie is die Koeksister koningin in die land?

Gedink Orania is die koeksister-mekka? Witbank het self ‘n Koeksisterkampioen! Die dorp het vir die tweede agtereenvolgende jaar die Huletts-koeksisterkamioen opgelewer.

Yvonne Jansen van Vuuren (65) word deur haar man die “koeksisterkoningin” genoem, en so word haar varsgebak ook bemark. Almal het haar aangepor om in te skryf en toe R115, 000 gewen!

Yvonne bak al vir 20 jaar koeksisters. As haar dogter, Lydia Kruger, handjie bysit, bak hulle gou-gou 70 dosyn koeksisters in 4ure se tyd! Haar kombuis is ingerig as ‘n “koeksisterkombuis” en haar lapa as die “familie kombuis”. Haar ma (koninginmoeder Petronella van Niekerk) het vir haar die trefferresep geleer.

Haar goue reëls? Moet nooit jou resep verdubbel nie. Hou by een mengsel. Die olie moet altyd skoon wees. Die stroop en die hoeveelheid daarvan moet getoets word. Maak elke keer vars stroop. Die manier hoe die deeg aangemaak word, speel ook ’n rol.”

Hoewel Yvonne self nie ‘n soettand het nie, proe sy aan elke baksel om die gehalte te toets.