Kamele dra dodelike Mers-virus

’n Span Internasionale wetenskaplikes is redelik seker dat ’n dodelike virus wat lei tot die dood van mense wat daarmee besmet word, dalk van kamele afkomstig is.

 

Bykans 50 uit die 94 mense wat met die Mers-virus besmet is, het omgekom.

 

Tot nou toe kom die besmetting in die Midde-Ooste voor, maar ‘n pasiënt in Engeland het gesterf na besmetting by ‘n familielid wat in die Midde-Ooste was.

Die navorsers meen die Arabiese kameel is dalk die draer van die dodelike virus.