KAART BEDROG NEEM TOE

Ten spyte van voordurende waarskuwings tot groter versigtigheid is krediet- en debietkaartbedog steeds onrusbarend hoog. In Suid-Afrika beloop dit ongeveer R900-miljoen per jaar. Die bedrog word op verskeie maniere gepleeg en die vindingrykheid van die kriminele neem toe met nuwe tegnieke

 

Die banke en kettingwinkels kan ook meer doen om die bedrog te help bekamp. Hulle sal nie kan ontken dat sommige van die misdaad begin binne hulle eie organisasies se werknemers nie. Metodes wat by OTM’e toegepas word sluit in die afloer van insleutelkodes, apparaat wat aan ‘n OTM geplak word, kaarte wat ingesluk word en weer uitkom nadat die gebruiker die plek verlaat het en vele ander metodes. In die meeste gevalle sou die misdaad verhoed kon word as die kaartgebruiker versigtiger kon wees. Daar was al in een jaar in Suid-Afrika byna 200 handbeheerde bedrogapparaat ontdek en 36 bedrogapparate wat aan OTM’e aangeheg is.

 

‘n Opname in Suid-Afrika het bevind dat meer as 20% kaartgebruikers al slagoffers van kaartbedrog was en dat een uit elke vyf reken dat dit nie nodig is om hulle hand oor die insleuteling van hulle kode te hou nie. Die omvang van kaarbedrog wêreldwyd is ongeveer $5.55-miljard, waarvan slegs 7% deur gesteelde kaart gepleeg word.