Is 7de-Laan af van die baan?

Die gesloer by die “SABC” om die kontrak met die vervaardigers van die sepie, Sewende Laan, te hernu, kan meebring dat die sepie vir weke nie te sien sal wees nie.

 

Finansies kan een van die talle redes wees waarom die Nasionale Uitsaaier nog nie die dokumente gereed het vir ’n nuwe ooreenkoms nie.

’n Woordvoerder van die vervaardigers se produksiespan, Libby Nel, sê dat as die regte dokumente nie Donderdag, 30 Augustus gereed is nie, sal die kameras nie verder rol nie. Volgens haar is hulle nie gekwel oor die hernuwing nie, en is oortuig dat dit net ’n administratiewe vertraging is.