Inbrekers moes toe vlug

Twee inbrekers het mnr. Andre Kruger (50) van Valhalla, Verwoerdburg, met ’n bottel in sy gesig gegooi en hom met ’n mes in sy hand gesteek, maar dit het hom nie gestuit nie.

 

Die twee diewe se agterwêreld brand waarskynlik nog, sê Andre met ’n glimlag.

Hy sê die ongeluk is dat sy vrou Lesley, gegil het wat die skelms op die vlug laat slaan het terwyl hy nog besig was om hulle af te randsel.

 

Buite die huis het André op een van die skurke afgekom, en hy het die dief behoorlik gevoeter, en toe kom sy maat om te help. Andre het beide oorrompel en hulle vas gedruk en hulle goed geslaan.

 

Dit is toe dat een hom met die mes in sy hand gesteek het.

In die donkerte het een losgekom en ’n bottel na hom gegooi wat hom op die oog getref het.

 

Die twee het besef hulle gaan nie wen nie, en het op die vlug geslaan, maar nie voordat Andre daarin kon slaag om sy rugsak af te ruk nie.

Die swartes is weg sonder om iets te steel.

 

Andre se 17 jarige seun het te laat op die toneel verskyn en is spyt dat hy nie kon deel in die “lekker geveg” nie.