Hy steel fietse se saals

In Tokio het die Japanse polisie na baie kopkrap uiteindelik uitgevind waarom die ongewone misdaad plaasvind van fietse waarvan die saals gesteel word.

 

Dit is ook net saals wat van leer gemaak is wat gesteel word. Binne enkele maande is sowat 200 fietse gestroop van hulle saals. Die polisie het eers vermoed dat ’n tweedehandse winkelier die goed steel. Uiteindelik het ene Joji Kondo (35) erken hy steel die saals om daaraan te snuif en ook te lek want hy hou van die tekstuur en reuk van leer, veral die waarop vroue gesit het.