Hoofseun geskors

Die Hoërskool Pretoria-Wes het sy hoofseun, Jarred Reddy (19) geskors na hy betrap is met twee dagga-sigarette in sy besit.

Reddy sal egter toegelaat word om die matriekeksamen te skryf aangesien dit bepalend vir sy toekoms kan wees en die skorsing maatreëls reeds as voldoende straf beskou is.

 

Die skoolhoof, Rita Coetsee, sê Reddy se hoofseun-balkie is terug geneem en hy is amptelik van alle pligte onthef aangesien die skool baie streng optree teen dié misdryf.