Hond snuffel leeu uit.

Brak se kind het met ‘n rit langs die koringlande saam met sy baas, ‘n leeu uitgesnuffel.

 

Kobus Vermeulen en sy hond, Patrys, het stadig in sy Land Rover gery toe Patrys skielik histeries begin blaf toe hulle verby ‘n klein, digte polupierbos gery het.

Vermeulen het stilgehou en uitgeklim, maar is toe tot stilstand gebring deur 2 geel oë sowat 4 m van hom af. Hy het sy seun Willie gebel wat dadelik saam met ‘n paar vriende en familielede kom kyk het.

 

Gewapen met ‘n jaggeweer, net vir ingeval, het Willie die leeukenner Maryn Prinsloo gekontak. Hulle het vier bakkies met skerp ligte aan om die bos geparkeer sodat hulle kon sien as die leeu uit die bos vlug.

Die veearts, Angus Campbell, het die leeuwyfie verdoof en sy is in ‘n leeuhok gelaai. Die jong, maar uitgegroeide leeuwyfie is in ‘n besonder goeie kondisie. Sy was baie rustig en het geen aggressie getoon nie.

 

Dit is onbekend waar sy ontsnap het maar totdat die regmatige eienaar opgespoor word, sal sy Prinsloo se "gas" wees.