Hipnose gebruik as verdowing

In Italië het prof. Enrico Ferro ’n suksesvolle operasie uitgevoer deur die pasiënt deur middel van hipnose onder verdowing te plaas om ’n kanker-operasie uit te voer. Enrico Ferro is professor van Narkose en Intensiewe Sorg verbonde aan ’n universiteit in Pradau.

 

Die prosedure om die pasiënt te hipnotiseer het sowat 10 minute geduur en die operasie op die 42-jarige pasiënt het 20 minute geduur.

Na die operasie is die pasiënt uit die hipnose gehaal en het sy hoegenaamd geen pyn gevoel nie, en kon dadelik ontslaan word uit die hospitaal.

 

Die professor het daarop gewys dat die besondere geval toon hoe doeltreffendheid hipnose aangewend kan word en kan ook gesien word as ’n metode wat mense bevry van die nawerking van verdowingsmiddels.