Hidrobreking is ‘n atoombom

 

Die hewige debat oor hidrobreking in die Groot Karoo word deur die Vryheidfront Plus beskryf as iets soortgelyk aan ’n kernontploffing.

 

’n Woordvoerder van VF Plus, Adv. Anton Alberts sê die party sal die saak tot in die hoogste hof beveg as dit nodig is.

Die uitspraak kom terwyl ander politieke partye steeds worstel met die saak en nog nie duidelike standpunt ingeneem het nie.

 

Alberts meen die skade wat hidrobreking aanrig is net so erg as wat ’n kernontploffing aan die omgewing sal aanrig.

“Die skade is onomkeerbaar soos met radioaktiewe bestraling”, het hy gesê.

 

Kenners het vroeër reeds gesê die land is baie afhanklik van sy waterbronne en daar is hopeloos te min water beskikbaar om nog sulke projekte te oorweeg. Dit sal die Karoo in ’n algehele woestyn laat.