Hein Boonzaaier is vry

Hein Boonzaaier (50) is ’n vry man nadat alle aanklagte, oor die sogenaamde “Slag van Mangaung”, teen hom terug getrek is.

 

Mnr. Boonzaaier, ’n finansiële konsultant van Verwoerdburg, is geskors as president van die Federale Vryheidsparty toe hy gevange geneem is deur die polisie.

Hy is verlede jaar in hegtenis geneem en het saam met Mark Trollip, Martin Keevy en Johan Prinsloo in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

 

Hein Boonzaaier sê dat, alhoewel die skorsing uit die FVP opgehef sal word, stel hy nie verder belang om weer president te wees nie. Hy meen daar is ander bekwame mense wat die amp kan beklee en hy moet nou probeer om sy finansiële posisie te verbeter.