Handelsbalans stadiger afwaarts


Suid-Afrika se handelsbalans vir Junie 2013, wat op 31 Julie deur SARS vrygestel is, toon dat dit negatief geëindig het op R7.71-miljard, teenoor die R11.03-miljard van die vorige maand. Uitvoere vir Junie het met 3.4% gestyg en invoere het met 2% gedaal.

Die negatiewe handelsbalas vir die jaar staan op R75.94-miljard wat 47% swakker is as die Rnegatiewe saldo van R51.58-miljard vir dieselfde tydperk verlede jaar.