Gupta se weldoener werk weer

 

Bruce Koloane, die geskorste hoof van Staatsprotokol, sal eersdaags in ’n nuwe pos werksaam wees. Hy is die kêrel wat verantwoording moes doen oor die Gupta-vliegtuig-landing-skandaal waartydens 200 bruilofsgaste op Waterkloof geland het.

 

Koloane, en sy ander mede-verantwoordelike personeel het daarmee die land se veiligheidsnetwerk onder die soeklig geplaas.

Hy sal egter in Oktober terug wees by die werk, hierdie keer in ’n pos wat blykbaar laer is as Adjunk Direkteur-generaal en sal twee maande se salaris verbeur, terwyl ’n sesmaande proeftydperk vereis word.

 

Koloane het glo by geleentheid gesê hy het die landing toegelaat want hy was onder druk van “nommer een”.