Goedkoper binnelandse vliegkaartjies

 Skywise, die nuwe laekoste-lugdiens, voorheen bekend as 1-Time, gaan blykbaar sowat 25% goedkoper wees met vlugte tussen

Johannesburg en Kaapstad, teenoor die tariewe wat tans die geval is.

 

Huidig is die goedkoopste retoervlug op die roete net oor R1, 800 by Mango of Kulula.

Skywise se uitvoerende hoof sê die gebruik van goeie laekoste-sakemodelle sal meebring dat hulle die prys van vliegkaartjies kan verminder.

 

Die woordvoerder sê dat passasiers moontlik sal dink dat dit nie goedkoper is as hulle begin nie, maar dit is omdat hulle die mark gaan dwing om tariewe aansienlik te verlaag omdat hulle met aansienlik laer tariewe wil begin.