Gifgas eis honderde lewens.

 Ouers moes hulpeloos toekyk hoe hulle kinders skuim om die mond kry en dan versmoor. Mense wat in kelders gaan skuil het om te ontsnap van die aanval wat iewers uit die ooste van Damaskus neergedaal het, het onwetend tot hulle eie dood bygedra.

 

Die gifgas het in vuurpyle neergereën. Gifgas is na ‘n halfuur nie meer skadelik nie. Die dodetal is nou verby 1,400 waarvan die meeste vrouens en kinders is.

Die Siriese weermag het gesê daar sal met alle mag teen hierdie chemiese terrorisme opgetree word.