Gewapende swartes val gesin aan

’n Hele aantal gewapende swartes het ’n egpaar en hul seun helder oordag tuis in Sasolburg oorval, besteel en gewelddadig aangerand sodat die bloed loop.

Johan en Talitha Duvenhage (55) het ernstige kopwonde opgedoen tydens die aanval. Die swartes hethulle met vuurwapens oor die kop geslaan in so ’n mate dat hulle behandeling moes ondergaan. Albei se oe is toegeswel soos hulle geslaan is.

Hul seun, Johan (33), se ringvinger is byna afgebreek soos wat die skurke sy trouring met speeksel en met sy tande van sy vinger afgetrek het.