Gestremde byna pensioen kwyt.

‘n Man wat weens ‘n beroerte-aanval 27 jaar gelede was byna sy pensioen kwyt, omdat die owerheid daarop aandring dat hy sy pensioenkaart self moet afhaal.

 Gerrie Joubert (52) is aan sy bed gekluister en kan nie praat nie. Die enigste manier waarop hy kan kommunikeer, is deur moeisaam een vir een letter op ‘n alfabet-kaart te tik.

 

Op ‘n navraag om waarom sy pensioen nie in sy rekening betaal is nie, was die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) se antwoord dat hy persoonlik vir sy pensioenkaart moet teken.

 

Hoewel die Witbank-tak van Sassa geweier het om te help, het hulle tog die kaart aan Joubert besorg nadat druk op die hoofkantoor in Pretoria geplaas is.