Geniet Spaanse danse

Maria Lorca Montoya en haar ma, Helena, bied ‘n aand van Spaanse danse aan in die Atterburyteater tot 25 Augustus.

 

‘n Groep van 70 dansers sal deelneem, waaronder studente van die Pro Arte Alphen Park Dansdepartement wat die kunsvorm as ‘n skoolvak neem.

Die vertoning bring ook hulde aan Jose Montoya, een van die top Spaanse dansers wat baanbrekerswerk verrig het om die kunsvorm in Suid-Afrika lewend te hou.