Fukushima erger as Tjernobel.

Nog ‘n tenk gevul met radio-aktiewe water by die verwoesde Fukushima kernkrag reaktor is besig om te lek, aldus ‘n woordvoerder van die Tokyo Elektriese Kragmaatskappy (TEPCO).

 

‘n Segsman vir Tepco het gesê dat 300 ton radio-aktiewe water uit ‘n vlekvrye staaltenk gelek het.

Die besoedelde water bevat 80 miljoen Becquerels van kernbestraling per liter. Die standaard is slegs 150Bq.

 

Tepco hou vol dat aangesien die vlekvrye staaltenks waarin die besoedelde water geberg word, 500 meters weg van die kus is, kan die water wat lek nie in die Stille Oseaan beland nie, maar kan ook nie ‘n verklaring gee dat die water in die tenk sak nie.

 

Dit is egter ‘n feit dat die beskadigde reaktors te naby aan die kus is en dat water wat in die grond beland, wel mettertyd in die see sal beland.

Foto – Fukushima aanleg