Eskom steeds onderpresteerder

Te midde van talle besparings vir gewone huishoudings, kon die nasionale elektrisiteit voorsiener nie daarin slaag om die prys van kragopwekking te verlaag nie.

 

Eskom het tydens die boekjaar bykans 350 megawatt per uur (MWh) krag bespaar met sy huishoudelike bestuursplan, maar die teiken wat gestel is om krag op te wek teen ’n R481 per MW/h, is nie bereik nie.

Luidens die verslag het Eskom ’n hele aantal gestelde mikpunte nie bereik nie. Die land se transmissie-netwerk moes met 900 km. uitgebrei word, maar kon net 787 km uitbrei.

Ander mikpunte, soos vermindering van die omgewingsvoetspoor, en om die waterverbruik en partikel-uitstraling te verminder, is ook nie bereik nie.

Eskom het dit hoog opgegee dat sy steenkool vervoer-program aangepas sal word om meer van spoorvervoer gebruik te maak. Dié betrokke mikpunt is nie bereik nie en die onderneming om kragonderbrekings tot 6% te verminder, het klaaglik misluk. Meer as 12% se onbeplande onderbrekings is ondervind.