Enorme gewas uit vrou verwyder


’n Span Bulgaarse chirurge moes ’n massiewe gewas van 23 kg uit ’n vrou se buik verwyder nadat sy komplikasies ontwikkel het weens griep.

Die vrou, (67) is in ’n hospitaal opgeneem vir koors wat sy opgedoen het.

In die hoofstad Sofia, se universiteits-hospitaal, het dokters besef dat die gewas geweldige groot druk op haar organe plaas.

“Ons het die enorme gewas, so groot soos ’n sewejarige kind, verwyder, en moet erken dat ons nog nooit so iets voorheen gesien het van daardie omvang nie,“ het Bosjidar Slafsjef, een van die chirurge later gesê.

Die dokters sê sy was ongeveer 20 jaar lank bewus van die gewas maar was bang om ’n operasie te ondergaan.

Sy het bykans ’n derde van haar totale massa verloor met die verwydering van die gewas.