Ek sien dit so!

Miskien moet ek die redakteur vra om my van tyd tot tyd oor groot sportgebeurtenisse te laat skryf. Tot daardie versoek goedgekeur word, sal Neelsie, soos in hierdie uitgawe van hoe ek dit sien, tog ‘n opsomming gee van die afgelope naweek se belaglike sportdag in Soweto.

Soos dit enige nuuskierige persoon betaam, kon ek nie anders as om ‘n oog te gooi oor die rugbywedstryd tussen die Springbokke en Argentinië nie. Maar soos altyd, dwaal my oog ook oor die skare wat hierdie fiasko gaan bywoon het. Laat ek liewer by ‘n punt begin, voor ek julle so verveel dat jul nooit weer enigiets lees wat deur Neelsie geskryf word nie.

Die stadion, met ‘n kapasiteit van by die honderdduisend siele, was beslis nie vol nie. Oral was leë stoele duidelik sigbaar. Insiggewend as in ag geneem word dat hierdie grootse geleentheid ter ere van die veroordeelde terroris, Mandela was. Ek wil nie te veel daaroor praat nie aangesien ons mense al genoeg geterroriseer is deur hom en sy naam. Wat Neelsie se bloed egter laat kook het, was die teenwoordigheid van mense wat al te veel soos Afrikaners lyk. Wat het tog geword van ons mense? Sulke lamsakkige drywers in die rioolpoel wat die Ruwe Suid-Afrika genoem word.

Die wedstryd het gekom en gegaan, en daaroor gaan ek niks sê nie want die uitslag beteken vir my niks. Wat wel vir my iets beteken is die Springbokafrigter se woorde na afloop van die wedstryd waarin hy, sonder om te blik of te bloos, aan die media vertel dat hy sy spelers gevra het om ‘n bietjie ekstra in te sit omdat Madiba so baie vir ons gedoen het. Dit het my onmiddellik laat terugdink aan 2002 toe die Blou Bulle die Curriebeker verower het onder leiding van hierdie selfde afrigter. Na daardie oorwinning het hy te kenne gegee dat hy ‘n Christen is. Nou kyk, ek beoordeel nie die man nie, maar probeer slegs verstaan wat sy dade probeer uitspel.

Dit maak nie vir my sin wanneer iemand ‘n kommunis, wat per slot van rekening ‘n vyand van die Christen is, se dade wil vereer nie. Ons praat hier van ‘n afgeleefde ou kommunis wat ‘n boek getiteld “How to be a good communist” geskryf het. Maak dit van hom iemand wat ‘n Christen moet respekteer? Of dat dieselfde terrie in sy ander meer bekende boek gesê het dat jy jou vyand se sport moet leer ken sodat jy dit teen hom kan gebruik. Presies wat hy gedoen het tydens die 1995 wêreldbeker-eindstryd.

As ons mense, of eerder net mense wat ‘n velkleur en ‘n taal met my deel, so onnosel wil wees om deel te neem aan afgodsdiens, dan moet hulle dit gerus doen. Ek kan myself nie meer vereenselwig met daardie mense nie. Die punt is nou bereik waar vryheidsgesindes moet saamwerk aan die vryheidsideaal, en reënbooggesindes moet voortploeter in hulle draaikolk van stemmery, aborsies, menseregte, gelyke godsdienste, verkragting, moord, marteling, korrupsie, diefstal en elke liewe ander boosheid wat onder hierdie land se bose seskleur-vlag gepleeg word.

Boeregroete,

Kordaat Neelsie