Eienaardige Landbou statistiek

Volgens die Statistiekdiens van die land is daar maar min mense wat landbou as beroep beoefen in sekere provinsies. Die Wes-Kaap, Noord-Kaap en die Vrystaat het die minste boere.

 

In Natal is die meeste mense in boerdery betrokke en word 25% van die totale boere daar gevind. Oos-Kaap is tweede met sowat 21% en Noord-Transvaal derde met 16%.

 

In die Noord-Kaap is slegs 2% betrokke in boerdery terwyl die Wes-Kaap en Vrystaat 3% en 7% onderskeidelik met boerdery besig is.

 

Die 2011 sensus toon dat bykans 3 miljoen Suid-Afrikaanse huishoudings een of ander vorm van landbou beoefen. Die boerdery sluit mense in wat slegs ’n paar hoenders, ’n vark of ’n donkie het, of net ’n groente bedding in die tuin het.