Egiptiese museums geplunder.

Terwyl Egipte dieper in politieke geweld sink, neem rowers hulle kans waar. Die onlangse plundering van die Malawi Museum by Minya, 300km van Kairo, is die ergste in die Egiptiese geskiedenis.

 

Rowers het 1000 stukke gebuit, waaronder ‘n onskatbare 3,500-jaar-oue leemklip standbeeld, antieke juweliersware, brons Grieks-Romeinse muntstukke, kleipotte en gedetailleerde brons beelde van heilige diere.

 Tieners het mummies en ander objekte wat te swaar was om weg te dra, aan die brand gesteek. ‘n Museumbeampte is gedurende die voorval vermoor.

 

Die argeoloog, Monica Hanna en ‘n veiligheidsman het ten spyte van skerpskuttervuur daarin geslaag om 40 artifakte, waaronder vyf antieke sarkofae, twee mummies en ‘n paar dosyn ander items wat die diewe in die straat verloor het, te red.