Die graad van moordlustigheid in hierdie land is weer skerp op die voorgrond as berigte die wereld met ’n slag tref, soos wat nou weer die geval is met die moord op die bejaarde egpaar van Kempton Park. Die tien moorde in die eerste 19 dae van hierdie maand is weereens ’n rede tot hernude kommer oor die toekoms van die volk onder ’n regering wat weier om te erken dat ’n volksmoord plaasvind, en waarop hulle soos toeskouers reageer.
Een moord op ’n volksgenoot is immers een moord te veel. Die aanslag op die volk is nie net wreed en onmenslik met moorde wat op ’n deurlopende en gereelde grondslag gepleeg word nie. Die diskriminasie teen jongmense wat hulleself goed gekwalifiseer het vir die lewenstaak, word daardie geleenthede wat hulle toekom, misgun.
Die totale verval van verskillende strukture in die land is ’n kenmerk wat in die ganse Afrika waargeneem word. Die verskil is waarskynlik daarin dat Suid-Afrika se verval stadiger is as in die res van die kontinent vanweë die sterk betrokkenheid van Westerlinge om te probeer red wat nog gered kan word.
Die jongste voorval om die verval aan te dui is die aanslag om die S.A. Akademie vir Wetenskap en Kuns te “transformeer”. Dit het nou redelik wyd inslag gevind dat transformasie eintlik beteken “verval van bestaande strukture”.
Die Vryburger lewer ’n wye verskeidenheid berigte elke week. Daardie verskeidenheid kan toegeskryf word aan die onbaatsugtige diens wat deur sy medewerkers gelewer word sonder om aan die einde van die maand betaling te ontvang. Miskien is dit die hoofrede vir die sukses. Wat gedoen word, kom uit die hart van oortuiging, nie ter wille van geld en goed nie!
Daar is darem ook die mooier berigte. Die jong knapie van ses wat reeds ’n erelid in die Boeremusiekgilde geword het, maak dat harte warm klop.
Die verkwisting in die Vrystaat waar miljoene Rand spandeer is met die opstel van ’n webblad, is nie net ’n teken van verkwisting nie, dit is ook ’n duidelike aanwysing van hoe korrupsie hoogty vier met die gevolglike uitmergeling van belastingbetalers.
Ons glo dat u die nuwe metode van daaglikse opdatering van nuusgebeure goed sal vind. Die feit dat leser getalle steeds groei, is bemoedigend. Alhoewel daar van tyd tot tyd ’n berig “verkeerd” of onleesbaar op die webblad beland, is die meerderheid duidelik leesbaar. Ons werk daaraan om die stelsel beter te maak, maar dit is nogal tydrowend.
Geniet die leesstof en stel dit bekend aan almal rondom u, sodat ons die ganse volk op hoogte van sake kan hou met nuus wat saakmaak.
Redakteur
Ek het gelees dat vanaf 3 Augustus tôt 19 Augustus was 18 moorde alreeds gepleeg op ons blankes ons staan nie ‘n kans teen die wreedheid van die aanvalle op ons blankes nie!
Een moord op ‘n onskuldige is beslis een moord te veel. Dit is hartverskeurend dat niemand iets aan die saak WIL of KAN doen nie! Ons mense is soos ‘n trop skape wat by die slagpale in ‘n ry staan en wag dat ons een-vir-een afgeslag moet word. Wat het van die leiers geword? Of het ons nog nooit leiers gehad nie? As dit so is, dan moet gewone mense maar opstaan en as leiers optree!
Ek besef dat almal seker al allergies geword het vir “bedelaars”, en dat niemand geld besit wat doelloos rondlê nie, maar ek het tog gewonder of daar nie lesers is wat EEN maand se dankoffer by die kerk, vir ‘n ander goeie saak wil stuur nie.
Daar is glo sowat 600 000 verarmde Afrikaners in wit plakkerskampe in Suid-Afrika. Onder hulle is 20 000 bejaardes. Sommige bejaardes kan darem nog tot ‘n mate vir hulself sorg, maar die meeste is van aalmoese afhanklik. Dit gaan egter nie om armoede en honger alleen nie, dit gaan ook om veiligheid. Hierdie oumensies, waarvan sommiges sieklik is, is die sagte teikens van geweldmisdaad, van roof en van diefstal. Baie is al vermoor.
Om te verhoed dat hierdie wantoestande helemaal handuit ruk, het ‘n groep besorgde vriende ‘n volkstrust op Hopetown gestig om volksgenote in nood te help. Die trust se naam is De Goede Hoop Trust.
Die trust word deur ‘n bekende prokureursfirma – Schutte Prokureurs – op Hopetown bestuur, en is NIE-WINSGEJAG.
DGHT (De Goede Hoop Trust) wil so gou as moontlik met die bou van bekostigbare behuising vir bejaardes op Hopetown begin. Die eerste fase sal uit 80 Constantia-huisies bestaan, wat op 31 gewone woonerwe gebou sal word. So ‘n wooneenheid, wat uit 3 vertrekke (een slaapkamer, een badkamer en ‘n oopplan kombuis, eetkamer, sitkamer) sal bestaan, sal R65 000 elk kos. Bejaardes wat nie die huisies wil/kan koop nie, sal dit teen ‘n bekostigbare bedrag kan huur.
Om hierdie projek te kan begin, moet die grond (wat 31 erwe groot is) eers van die munisipaliteit gekoop word. Die volle prys is R250 000, maar sowat R80 000 is reeds ingesamel. ‘n Beroep word op volksgenote gedoen om met hierdie projek te help. As u ‘n eenmalige bedrag van R100 in DGHT se rekening inbetaal (of direk aan Schutte Prokureurs oorbetaal) het u gehelp om die proses te versnel.
DGHT se beleid is om nie skuld te maak nie, aangesien dit deel van die Afrikanervolk se ondergang was. Ons mag nie weer skuld maak nie!
Vir meer besonderhede oor hoe om u bydrae te maak, besoek ons webwerf by: http://degoedehooptrust.org
Kontak ook ons voorsitter, mnr Dick Davel, sodat hy u betaling in sy boeke kan aanteken.
“..’n regering wat weier om te erken dat ’n volksmoord plaasvind, en waarop hulle soos toeskouers reageer…”
Is dit nie dalk meer ‘n geval dat die volksmoord en geweld in die land in die geheim aangeblaas word maar in die openbaar ontken word nie. Daar word dan selfs male sonder tal van openbare platforms verkondig dat die geweld in die land nou daadwerklik aangespreek moet word en dit is sover as wat dit kom.