Dwelms kos belastingbetaler miljoene Rand

Die Regering van die Wes-Kaapse het glo R87 miljoen bewillig vir die stryd teen dwelm- en alkohol misbruik.

 

’n Woordvoerder in dié provinsie het glo bekend gemaak dat die begroting van 2009 tot R87 miljoen vanjaar verdubbel word.

Die Wes-Kaap beplan om ’n half miljard Rand oor die volgende vyf jaar beskikbaar te stel in bewusmakings-programme.

 

Dit is bekend dat die Wes-Kaap gebuk gaan onder hewige bedrywighede van dwelm-sindikate, en dit lei tot die uitbreiding van bende geweld.