Duitsland beveilig sy e-pos

Die Duitsers se ontsteltenis oor die VSA se intapping in privaat inligting van internetgebruikers het tot gevolg dat inligting voortaan beskerm gaan word met inkripsies op boodskappe.

 

Drie van die grootste voorsieners van internetdienste, T-Online, United Internet en Deutsche Telekom, het nou outomatiese e-pos beskerming ingestel. Die drie voorsieners bedien byna 70% van Duitsland se totale internetmark.