Duitsers wantrou Windows 8

Die Amerikaanse Nasionale Sekuriteitsagentskap (NSA) se afloerdery kos Amerikaanse maatskappye ‘n klomp geld.

Die Duitse publikasie Zeit Online het dokumente in die hande gekry wat na bewering bewys dat internettegnologie eksperts in die Duitse regering glo dat elke rekenaar wat saam met Windows 8 kom, het ‘n skyfie in wat die NSA nie net toegang tot die rekenaar gee nie, maar hulle ook in staat stel om dit met afstand beheer oor te neem.

Geen wonder nie dat die Russiese president, Vladimir Putin, alle rekenaars in departemente wat met sensitiewe inligting werk, verbied het en opdrag gegee het dat hulle weer die outydse tikmasjien en koolpapier moet gebruik nie.