Ds. Kálmán Papp sterf.

Ds. Kálmán Papp (89), ‘n Hongaarse vlugteling wat diep spore in die Hervormde Kerk getrap het, is dood.

Volgens sy seun, dr. Kálmán Papp jnr., het sy pa in Hongarye predikant geword en in Nederland verder studeer.

 

Nadat hy twee Russiese soldate uit selfverdediging doodgemaak het, het die kommuniste sy bloed gesoek en aangesien Nederland destyds ‘n uitleweringsooreenkoms met Hongarye gehad het, het hy in 1949 na Suid-Afrika gekom.

 

In 1951 is hy as predikant van die Hervormde kerk georden en dieselfde jaar het hy leraar van die Hervormde gemeente in Krugersdorp geword. Veertig jaar later het hy daar geëmeriteer.

 

Ds. Papp was ook voorsitter van die Paardekraal-feeskomitee in Krugersdorp.