Drie mense van gewisse dood gered

 

Mnr. Dean van der Merwe van die Bergklub van Suid-Afrika se reddingspan het drie mense gedurende die nag uit ’n motor gered van ’n brug afgery het en toe genadiglik vasgehaak het en in die lug bly hang het.

 

Mnr. Van der Merwe sê die motor met drie insittendes het deur die relings van die brug gebars op die R511 naby Johannesburg en redelik wankelrig met sy agterkant op steiers en ’n beton platform tot stilstand gekom.

 

Nooddiens personeel moes die insittende wat die ergste beseer is, met moeite uit die motor kry.

 

Sowat 20 mense was behulpsaam met die reddingspoging.

 

Van der Merwe vertel ook dat die Klub om middernag ’n oproep ontvang het om te gaan help.