Drie doodgeskiet, twee gewond

Fochville: Een man is dood en een gewond in ’n tweede skietvoorval op die grond van mnr. Bertus Moolman, wat sy grond verhuur aan mynwerkers, wat op sy plaas woon in plakkershutte.

Moolman het glo die vorige dag twee van die “inwoners” op sy grond doodgeskiet en een gewond in die teenwoordigheid van polisiebeamptes. Hy beweer dat die klipgooiers sy lewe bedreig het. Die tweede voorval het blykbaar ontstaan na aanleiding van die eerste geval.

 

Waarnemers is dit eens dat Moolman ’n groot probleem veroorsaak het met sy “huurkontrakte” om plakkers op sy grond toe te laat teen vergoeding. Dit kan in ’n tweede Marikana-slagting ontaard, word gesê.