Dr. Karabus eis skadevergoeding

Dr. Cyril Karabus eis glo R2 miljoen as skadevergoeding teen die Kanadese maatskappy wat hom gestuur het om in die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) te gaan werk.

 

Karabus se prokureur, Michael Bagraim, beweer dat InterHealth Canada, versuim het om sy verantwoordelikheid teenoor Karabus na te kom.

 

Karabus en sy prokureur is van mening dat die Maatskappy minstens behulpsaam kon wees deur regshulp aan te bied toe hy in die Dubai lughawe in hegtenis geneem is op aanklag van moord en bedrog.

 

Bagraim beweer ook dat  InterHealth Canada bewus was van die aanklagte teen Karabus en dat hy in 2003 skuldig bevind is in sy afwesigheid.

 

Vroeg in 2013 is Karabus se saak aangehoor en is hy onskuldig bevind.

Die VAE-staat het appèl aangeteken maar het die saak teen Karabus verloor.

 

Karabus is uiteindelik na ’n gesukkel oor paspoorte en visums, vrygelaat om terug te keer na Suid-Afrika.