Don Steenkamp Sr. oorlede

 

Mnr. Don Steenkamp sr. (80) is oorlede in die Mediclinic van Kimberley nadat hy sowat twee weke gelede ’n erge beroerte aanval gehad het. 

 

Dit was die derde aanval van mnr. Steenkamp ná die treurspel waarin sy seun sen hele gesin uitgewis is, behalwe sy kleinseun.

 

Die tragiese voorval het op Goeie Vrydag verlede jaar op die plaas Naauwhoek naby Griekwastad afgespeel en die enigste oorlewende van die gesin is sy kleinseun, Don Steenkamp jnr. (16).