Dinsdae is kapingsdae

Santam Versekeraars het in ’n opname gevind dat die meeste kapings op ’n Dinsdag plaasvind.

Santam se hoof van korporatiewe handelsmerke, Anel Grobler het gesê baie mense word so vasgevang in die druk van die daaglikse lewe, dat hulle partykeer risiko’s en gevare uit die oog verloor.

 

Santam het nou begin met ’n program om mense meer bewus te maak van die risiko’s wat bestaan, en moontlike optrede in tye van kapings.

 

Santam bied ondermeer die volgende wenke:

 

*           Wanneer jy stop by ‘n verkeerslig, moenie die tyd gebruik om rond te krap op soek na iets soos ‘n laserskyf of iets anders nie. Dit skep die geleentheid vir kapers om toe te slaan. Bly eerder bewus van alles rondom jou omgewing en kyk goed rond.

*           Probeer om nie alleen rond te ry nie aangesien dit mense is wat die die meeste geteiken word.

*           Vroue kan selfs ’n man se pet dra as sy alleen ry, want vroue is ’n maklike teiken.

*           Kontak van tyd tot tyd die polisie en sekuriteitsmaatskappye om uit te vind watter roetes, strate en paaie die meeste kapings in die gebied oplewer. 

*           Moenie ’n handsak of brieftas in die motor hou nie. Plaas dit in die kattebak.

*           Hou deure en vensters te alle tye gesluit. 

*           Probeer om jou selfoon by jou te hou, verkieslik in ‘n broeksak waar dit vinnig gebruik kan word