Diewe wond twee in winkelsentrum

Twee winkelassistente is gewond tydens ‘n gewapende rooftog in Oriental City, Bruma, Johannesburg toe 12 swartes by ’n winkel ingestorm het.

Toe die eienaar hom teensit, het die gewapende boewe twee van die werkers geskiet.

Met die wegvlug het hulle talle skote afgevuur in die parkeerterrein, waar hulle motor, ‘n Mercedes-Benz Vito, gewag het. Toe hulle die parkeerterrein verlaat, het hulle in ’n BMW gebots, uitgespring, twee ander voertuie gekaap en daarmee weggejaag.

Blykbaar is niks gesteel nie en tot hede is niemand in hegtenis geneem nie.