Die Vrou van ons volk

Die geskiedenis van die vrou in Suid-Afrika, tot die sowat laaste 50 jaar, het een sentrale leuse gehad: vryheid of die dood. Haar bereidwilligheid om alles op te offer vir hierdie ieaal het vir 300 jaar geslagte besiel. Haar innerlike krag, trots, dapperheid, geduld en die beskawingsfaktor wat sy hoog gehou het ten tye van nood en lyding, het haar oor die wêreld hoog aangeskrewe gemaak, en in ons vroeëre letterkunde, is haar ontbering en liefde vir volk en vryheid vereer.

 

Dit kan gestel word dat vanaf Jan van Riebeeck se tyd, dwarsdeur die Groot Trek, die Vryheidsoorloë. armoede, depressie en Rebellie, dit hierdie beskawingsfaktor van die vrou was wat ‘n groot rol in die proses van volkswording gespeel het.

 

Hierdie bereidwilligheid om alles vir ‘n vryheidsideaal op te offer, het duidelik na vore gekom in die tye wat die Afrikaner volk teen sy tradisionele vyande, nl: Britse Wêreld-imperialisme en Swart bevolkings te staan gekom het.

 

As waardige nasate van ‘n Martha Bezuidenhout wat geweer in die hand langs haar man teen die Britte geveg het, het hierdie vrouens skouer aan skouer die tog na die binneland meegemaak. Trouens hulle was van die grootste aanhitsers dat die Trek moes plaasvind, want hulle het nie kans gesien om hulle kinders op die Oosgrens groot te maak nie. En laat ons onthou, dit is hulle wat die materiële dinge moes opsê om die onbekende binne te gaan.

 

Nie net moes hule die gewone dagtake onder hierdie moeilike omstandighede verrig, kinders baar, siekes en oues versorg nie, maar moes ook met geweer in die hand die aanslae van die wilde hordes beveg.

 

En na die moorde by Bloukrans en Weenen, toe die mans moedeloos geword het, en wou terugtrek Oosgrens toe, was dit die vrouens wat gesê het dat die dood van hulle geliefdes eers gewreek moes word en  as die mans dit nie wou doen nie, sou hulle dit self doen. Deur hierdie optrede is die mans gedwing om weer die stryd met Dingaan aan te pak.

 

So was die Slag van Bloedrivier die gevolg van vrouemoed en vrouevasberadenheid. Maar soos die vrouens geweier het om Natal te verlaat voordat die dood van hulle geliefdes gewreek is, net so het hulle geweier om in Natal onder ‘n Britse besetting te leef. In ‘n brief van die die Britse Hoë Kommissaris Cloete, vertel hy hoe ‘n aantal Voortrekkervroue, onder leiding van Susanna Smit, hom kom sien het en hom meegedeel het dat hulle nooit voor die Britse gesag sal buig nie; dat hulle daarvan bewus is dat teenstand teen Engeland hopeloos is, maar dat hulle liewer kaalvoet oor die Drakensberge sou loop om in vryheid te sterf.

 

‘n Pragtige voorbeeld vn die beskawingsinvloed van die Voortrekkervrou was mev. Lenie Retief (vrou van Piet Retief), wat daagliks haar silwer eetgerei op die Trek gebruik het. Hierdie optrede van die vrouens verduidelik waarom die pionierstydperk in Suid-Afrika nooit deur ‘n Wilde Weste periode gegaan het nie.

 

Die Slag van Majuba gedurende die Eerste Vryheidsoorlog, wat so ‘n klinkende oorwinning was, was ook te danke aan die waaksaamheid van die vrouens. Die jong mev. De Jager het vroegoggend lig teen die berg gesien en dadelik besef dat die Engelse bo-op die berg was. Die manne aan die onderkant van die berg het verstom gestaan toe sy die kamp te perd binnejaag met dié verstommende boodskap. Ook genl. Joubert se vrou binne die laer het die vyand op die berg gewaar en alarm gemaak.

 

Weer eens, met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog het die vrouens hulle staal en deursettingsvermoë gewys. Reeds aan die begin het hulle hulle stemme laat hoor toe hulle aangebied het om in die staatsdepartemente te gaan werk sodat meer mans kon gaan veg.

 

Die bekende dr. Theal het in Maart 1900 in ‘n onderhoud met die Manchester Guardian gesê dat die Engelse die gees van die Boere hopeloos verkeerd interpreteer. “Onthou, dat anders as in ‘n Europese oorlog, is die vrouens die ergste voorvegters van ‘n oorlog tot die bittereinde.

 

“Hulle word gedra deur ‘n onwrikbare vertroue in God en die geloof in die regverdigheid van hulle saak. En die mans is wat die vrouens van hulle gemaak het. Hulle het aan moedersknie geleer van hulle voorouers se stryd teen die mag van Spanje en sou eerder hulle Vaderland onder water laat loop het as om die vryheids- en godsdiensstryd te laat vaar.”

 

Maar dit was in die konsentrasiekampe waar sy haar hoogste offer sou bring. ‘n Britse staatsman, Ramsay MacDonald wat Suid-Afrika in 1902 besoek en met verskeie vroue gepraat het, het vertel hoe die vrouens van gestorwe familie en kinders met hom gepraat het, en nooit ‘n traan gestort het nie, want sy was nie bang om vir haar volk en land die hoogste offers te bring nie.

 

In ‘n oorlog waar dit oor die vryheid van die volk gegaan het, was die vrou nooit bang om haar deel te bring nie, maar waar die doel van die geveg was om die vyand te beskerm, was sy net so heftig om haar man en kinders daarvan weg te hou. Nadat genl. C.R. de Wet tot gevangenisstraf en ‘n boete gevonnis is vir sy aandeel aan die Rebellie, het daar op versoek van mevv. Piet Joubert en F.C. Eloff  ‘n oproep aan die vrouens uitgegaan om ‘n protesoptog te hou.

 

Die optog, waaraan 3,000 vanoor die hele land deelgeneem het, het op 4 Augustus 1915 plaasgevind. Hoewel dit gelyk het asof die optog nie ‘n invloed gehad het nie, is al die gevangenes vroeër vrygelaat en het daar duidelik ‘n stille boodskap na die destydse regering uitgegaan dat die onderdrukking van die mans gestaak moet word.

 

“Daar is tye wanneer God uit die brandende braambos spreek tot ‘n mens. Daar is tye wanneer God uit die brandende braambos spreek tot ‘n volk.”

 

 So begin mev. H.E.C. Armstrong haar brief aan die destydse Eerste Minister van die Unie van Suid-Afrika, genl. J.C. Smuts, waarin sy versoek dat sy en ander lede van ‘n deputasie, ‘n versoekskrif wil oorhandig aangaande deelname aan die Tweede Wêreldoorlog.  Sy skryf dat die Afrikanervrou nog nooit onwillig was “…. om die hoogste offer te lê op die altaar van die mensheid nie. Maar dan het sy dit gedoen in die diepe geloof dat haar kruistog vir reg en geregtigheid is.

 

“Hierdie oorlog, en ons sê dit met alle beskeidenheid, maar met al die erns waartoe ons moederharte in staat is; hierdie oorlog wat begin is met die mees verbitterde tweedrag onder ons volk; hierdie oorlog waartoe ons strydbare manne teen hulle heiligste beginsels gedwing word, soms deur hongersnood van vrou en kind; hierdie oorlog het ons nie in die naam van God begin nie en ons sal dit nie tot eer van God beëindig nie.”

 

Sy sluit die brief af met die volgende woorde: “ …. ons wil dien met alles wat ons hart en godsdiens ons gebied om te dien. Alles vir Suid-Afrika.”

 

Hierdie brief het tot die tweede groot vroue-optog gelei wat op 22 Junie 1941 plaasgevind het en waaraan 9,800 vrouens in gelid tot by die Uniegebou geloop het. Met die uitsondering van drie koerante, was die pers snedig en het die vrouens verguis. “Bou ‘n galg van Haman en hang hulle almal daaraan op,” het ‘n bekende Afrikaanse redakteur en optimisitese politieke manteldraaier geskryf, maar die vrouens het hulle gang gegaan en in een kragdadige daad haar wil bekend gemaak.

 

In 1953 het die vrou stemreg in Suid-Afrika gekry en vreemd genoeg het dit haar stem stil gemaak. Van gelyke vennoot en stille raadsman van die man, is haar innerlike stem verswelg in die lawaai van die party politieke arena

 

‘n Vrou is vrou, voordat sy enigiets anders is. Sy is die handhawer van tradisies en geloof, ondersteuner van groepsregte en vooroordele, onderhewig aan langtermyn lojaliteite met horisonne hoofsaaklik toegespits op familie en volk. In haar is die ontstaan en manifestasie van alles wat vroulik is: intuïsie, simpatieke luistervermoë, lojale hart. In haar is idees, drange, gevoelens en ‘n ras- en volksgeheue, eienskappe wat nooit met die trek van kruisie vervang kan word nie.

 

Vandag lyk dit asof die emansipasie van die vrou haar in ‘n ersatz man verander het waarin sy haar intuïtiewe dryfvere verloor het, soos ‘n fyn bewussyn van territoriale bakens en die beskerming daarvan.

 

Wanneer so ‘n belangrike deel van ‘n vrou se spige verwond is, sal daar ‘n ooreenstemmende wond op die volkslewe wees. Wanneer die stem van die vrou stil geword het, sal ook die daadkrag van die man stol. En miskien is dit ‘n rede waarom ons vandag nie net gewond nie, maar oorwonne is.

 

Foto – Vrouemonument, Bloemfontein