Die duiwel of tokkelossie?

Drie lede van die bende, bekend as die Koevoet-bende, wat betrap is met ’n kamerasisteem, waar hulle besig is met ’n rooftog, het geseq dit is die duiwel se skuld dat die inbraak plaasgevind het.

 

Dit is die siening van die drie bendelede toe hulle in die Kuilsrivier landdroshof verskyn het op aanklag van inbraak en diefstal.

Mciteka en sy twee makkers en medebeskuldigdes, Leon Ntsizana en Mbulelo Mphuphuma, is gevang nadat die video op sosiale netwerke vertoon is. Dit het die polisie se taak vergemaklik en is hulle kort daarna gevange geneem.

 

Landdros Bea Vermeulen het die diewe afsonderlik gevra waarom hulle by die huis ingebreek het. “Die duiwel het ons by die huis ingedryf,” het Mciteka geantwoord.

“Is julle seker dit was die duiwel en nie die tokkelossie nie?” is later aan hulle gevra.

 

Goedere ter waarde van R12,000 is gesteel.