Debat oor land se sleutelpunte.

 Uiteindelik sal die debat oor die land se nasionale sleutelpunte ná maande se gesloer voortgaan nadat Nathi Mthethwa, Minister van Polisie, die groen lig hiervoor gegee het.

 

Die ANC-hoofsweep het verseker dat die debat wel op 12 September sal voortgaan en gewaarborg dat dit nie weer uitgestel sal word nie.

Die versoek vir die debat is gerig nadat die Departement van Openbare Werke die Wet op Nasionale Sleutelpunte gebruik het om ‘n ondersoek na die President se Nkandla-landgoed te stuit.

Foto – Nathi Mthethwa