Curiosity presteer en stuur duisende foto’s

Die ontdekkings-tuig Curiosity het reeds sowat 70, 000 foto’s van die Mars oppervlakte teruggestuur waaruit twee baie belangrike bevindings oor die moontlike oertydperk op die planeet gedoen is.

 

Curiosity het reed 1,6 km afgelê, waarvan nagenoeg 700 meter in die afgelope vier weke gedoen is. Sy bestemming is na Mount Sharp.

 

Die ruimtetuig het glo bewyse gevind dat daar baie eeue gelede water op die planeet gevloei het.

 

Na die rots wat verpoeier is, ontleed is, het navorsers gevind dat die planeet ideaal was om lewe te ondersteun.

 

 Dr. Charles Bolden, die administrateur van Nasa, sê dat Curiosity se wielspore uiteindelik sal lei na mense se voetspore.

 

’n Wetenskaplike deurbraak is gemaak toe Curiosity die eerste tuig geword het om ’n gat te boor in ’n ander planeet. Die feit dat die tuig ’n “sagte landing met ’n hyskraan” op Mars aangekom het, is ook ’n eerste, want ander tuie het maar redelik hard met die grond kennis gemaak in die verlede.