China beplan korter seeroete na Europa

China het aangekondig dat hulle die korter maar gevaarliker Noord-Oos seeroete, wat deur die Arktiese see loop, gaan aandurf vir hulle handelsvloot na Europa. Die roete wat tans gebruik word gaan deur die Suezkanaal en neem minstens 35 dae, terwyl die Noord-Oos roete 25 dae behoort te neem.

 

China het ‘n uitgebreide vloot wat beskikbaar staan met ysbrekers vir die nodige ondersteuning. Die verkorte roete sal ‘n besparing in koste meebring.

 

Die nuwe roete, wat al vir twintig jaar oorweeg word, het nou moontlik geword weens die smelting van die yskappe wat plaasvind. Die Noordpool se see is met ys bedek, in teen stelling met die Suidpool.