Casino vir Pretoria

Die publiek het nog tot 14 Augustus geleentheid om beswaar aan te teken teen die toekenning van ‘n dobbellisensie aan ‘n nuwe Casino naby Menlyn in Pretoria.

 

Die ondersoek deur die Sentraal-Transvaalse dobbelraad oor Sun International se aansoek om sy sukkelende Morula-casino daar te hervestig. sal minstens drie tot ses maande duur.

 

Sun International het verlede maand bekend gemaak dat hy sy Morula-casino deel van ‘n stedelike vermaaklikheidsontwikkeling van R3 miljard langs die Menlynpark-winkelsentrum wil maak.

 

‘n Casino met 3000 dobbelmasjiene en 100 dobbeltafels word in die vooruitsig gestel.