Byna 11,000 biblioteke word opgerig

Miljoene Rand moet iewers vandaan gehaal word deur die Departement van Onderwys om 10,721 skoolbiblioteke regoor die land in te rig en met boeke te voorsien.

 

Volgens Departementele navorsing is daar glo 10, 721 skole wat nog nie biblioteke het nie en dus die aandag verdien ten einde leesvermoë op te skerp by leerlinge..

 

Die Departement bereken dat sowat R16 miljoen benodig sal word om die biblioteke te vestig. Die projek sal oor ’n tydperk van tien jaar geïmplementeer word. Dit beteken dat die Departement gemiddeld sowat R1,500 per skool begroot. Die bedrag is waarskynlik genoeg om 20 boeke aan te koop