Bye val vrou aan

In Port Elizabeth het ’n swerm woedende bye op ‘n vrou in die straat toegesak.

 

Inwoners het magteloos toegekyk hoe die bye haar gesig bygedam het. Haar gille het vir vir ’n rukkie die lug deurklief. Sy is kort daarna deur die nooddienste wat ontbied is, dood verklaar.

Kapt. Johan Rheeder, polisiewoordvoerder, sê ‘n nadoodse ondersoek sal gedoen word om ondermeer ook te bepaal of die vrou allergies was vir bysteek.

 

Die swerm bye het nog ’n uur na die gebeure steeds rondgevlieg in die omgewing, en mense moes kort-kort bye weg klap.