Burgemeester blaas R1 miljoen

Harde woorde het geval toe Kimberley se raadsvergadering die burgemeester, Agnes Ntlangula,  bygekom het omdat sy so sito-sito haar ongemagtigde reis van R900, 000 na China wou laat goedkeur sonder bespreking.

.

Die uiters onreëlmatige handeling van die burgemeester dui ook daarop dat sy die reis na China onderneem het sonder ’n amptelike uitnodiging en sonder die Raad se goedkeuring.

 

Rooies Strauss van die ACDP het ook stem dik gemaak teen die reis en het die burgemeester se bedanking geëis.